WAT DOEN ONS




Gemeentebou



‘n Omgeegroep is ‘n groepie gelowiges (verkieslik in gesinsverband), wat op ‘n gereelde basis byeenkom, en in die proses baie betrokke raak by mekaar en mekaar op die lewenspad ondersteun.


Laai boekie af


Senior lidmate bo 65 jaar behoort aan ons Silwersterre groep.
Om meer uit te vind van ons byeenkomste en gebeurtenisse, kontak:
Ds Martiens Swart (082 416 2247)

BYEENKOMSDATUMS 2020:

  • 20 Februarie (Valentynsdag)
  • 19 Maart (Hamburgerdag)
  • 23 April (Piekniekdag)
  • 21 Mei (Ringsbyeenkoms by NG Florandia)
  • 18 Junie (Pannekoekdag)
  • 23 Julie (Sopdag)
  • 20 Augustus
  • 17 September (Nasionale braaidag)
  • 28 Oktober (Ringsbyenkoms: NG Florauna)
  • 19 November (Afsluiting)


Uitreike



Die volgende uitreik projekte sal in 2020 uitgevoer en uitgebou word:


Nuwe intrekkerpakkies

Doopbybels en- kerse vir dopelinge

Moeders- en Vadersdag

Koekies vir bejaardes in Tehuise

Skryfbehoefte -en Kospakkies aan skoolkinders

Kos vir bejaardes

Uitreike binne en buite gemeentegrense

Hulpaksie

Naamplakkerdag

Komberse, klere en lappe

Bokse vir Boervroue

Kontak Attie de Jager (084 202 4322) as jy betrokke wil raak by NG Kerk Wonderpark se uitreike.



JAM (Senior Kategese)



JAM RAAD:
Ons Jam Raad is ons groep hoërskool jongmense wat elke graad verteenwoordig op die jeugkommissie. Hulle help ons dink en droom oor nuwe idees en lekker goed om te doen in die kerk.
Wie is in beheer : Eoni Solomon by 061 584 9726

AVONTUURKAMP:
Ons gaan kamp een keer per jaar. Dit is nie sommer net ‘n gewone kamp nie. Elke jaar gaan doen ons iets groots soos absail, kloofing, bridgeswing ens. Dit is ‘n avontuur waar ons uit die ervaring sommer leer van die lewe en sy uitdagings.
Tyd : Gewoonlik die naweek in Januarie net voor die skole begin.

SENIOR KATEGESE:
Wie : Gr 7 – Gr 10
Tyd : 10:00 – 10:45
Wanneer : Sondae tydens gewone skoolkwartale.

BELYDENISKLAS:
Tyd : 10:00 – 11:00
Wanneer : Sondae tydens gewone skoolkwartale.


Vuurvliegies (Junior Kategese)



KINDERKERK:
Daar is spesiale kinderkerk vir die jonges van Gr RR tot Gr3. Hulle kom tydens die normale diens in die Jeugsentrum bymekaar. Dit is ‘n vreeslike lekker geleentheid waar hulle nie net leer van God se liefde nie maar ook genoeg speel en spoeg en plak. Dit is dan ook die klein mensies se kategese.

Tyd : Sondae 9:00 -10:00
(uitgesluit vakansies, nagmaal en langnaweke)
Waar : Jeugsentrum

JUNIOR KATEGESE:
Gr RR – Gr3 vorm deel van die kinderkerk tydens gewone dienstye.
Gr 4- Gr 6 : 10:00-10:45 na die erediens.
Tyd : Sondae 10:00-10:45 (uitgesluit vakansies, nagmaal en langnaweke )
Waar : Jeugsentrum






EREDIENS



Daar is elke Sondag oggend om 09:00 'n erediens.

Laai kalendar af

Sien Preke




WONDERLIGGIEFEES



Die Liggiefees is die bekendste kuns, musiek en vermaak fees in die noorde van Pretoria. Die doel van ons fees is eerstens om fondse in te samel om mee uit te reik na ons gemeenskap en gemeentelede wat swaar kry, maar tweedens gee die fees ons kans as gemeente en gemeenskap om saam fees te vier.

En geniet ons dit!! Die fees word een keer per jaar gehou vir 10 dae van vroeg oggend tot laat aand. Daar is ‘n reuse kunsmark, ‘n Tee-tuin met koeke wat almal ‘n tweede keer sal laat kom kuier, ‘n verskeidenheid van heerlike wegneem-etes en gebraaide aandetes, vermaak vir die jonges asook ‘n aandprogram met bekende gesigte wat mens nie wil mis nie.

Die Liggiefees in 2020 sal plaas vind vanaf 28 Augustus tot 6 September 2020.

Webwerf

Facebook Blad